Algemene nuus ens.

 

7 Augustus

ons is ingetrek gesettle en online. tanya het gister begin werk. lyk  of die
job heel rustig gaan wees. die grootste noodgeval sover was gister aand toe
'n by een van die malletjies gesteek het. en ek het vandag 'n job gekry ook
by die hospitaal in die maintenance afdeling. sal maar kyk hoe dit gaan. ek
begin maandag. die pay is nie te great nie maar ten minste is dit darem
iets.

ek was vandag tunbridge wells toe met die bus. dis die naaste groot dorp
hier rond so 16km. ek skat omtrent so groot soos wellington. het vir my 'n
nuwe simkaart gekry vir die cell. die monner is: +44 789 1477 063. op die
oomblik werk dit nog nie moet dit nog aktiveer. die ander een is +44 791
0064 664 maar het net hier en daar ontvangs.

verder gaan dit okey, net verskriklik warm. al my t-shirts is al vuil.
gelukkig het ons 'n wasmasjien en 'n tumble dryer, maar die tumble dryer is
stukkend (het nog nie kans gehad om dit reg te maak nie - met my leatherman)

dit is verskriklik mooi hier, net groen waar jy kyk en die mense is regtig
vriendelik. dis te warm om foto's te neem.

ons bly in 'n 4 slaapkamer huis so 5 minute se stap van die hospitaal. baie
nice net bietjie sleg vir tanya om in die donker te stap. gelukkig het ek my
mini maglite saamgebring. ons het 'n huge grasperk voor die huis waar daar
elke aand 3 hasies kom wei.

daar is 'n bus wat elke uur hier verbykom wat loop van hastings(dis nou heel
aan die suidkus) af tot in tunbridge wells.

groete
sybrand
 

Home

12 Augustus

dinsdag oggend 7:15
ek het gister aand 'n laaang e-mail geskryf en toe bom die blerrie rekenaar uit en nou moet ek dit oorskryf
 
daar het nie veel gebeur van die vorige mail tot nou nie. ek en tanya sit maar saans hier rond ek kyk tv. nie dat daar veel op britse tv is nie. hulle tv reekse is agter on sin.
 
my job is baie rustig, ek is net nie gewoond aan hande arbeid nie. hier is mos nie swartes nie. nooit gedink ek sal ooit 'n swartman mis nie!!
 
dit het gister aand weer snot en trane gereen maar vanoggend opgehou. nou is alles net nat! dis darem nie meer so warm nie. as julle dink ons moun moet julle die engelse hoor, 'n regte klomp klagatte.
 
die hospitaal het my ook af gegee in die weke wat tanya af is EN ons kan hier by die hospitaal bly en eet verniet in die weke wat ons af is!
 
RMO intl het gister gebel om te hoor of tanya nie drie dae ekstra wil werk nie want die persoon wat haar moet kom aflos is nog met vakansie. ons kan nie regtig nee se vir die geld nie. en ons pay eers aan die einde van die maand en het dus nie regtig geld om rond te karjakker nie. sal maar die bietjie sightseeing hier in die ronde gaan doen.
 
groetnis
sybrand
(en Tanya)

Home

22 Augustus

Hallou daar
 
Tanya het vanmiddag so 4 uur se kant klaargemaak en toe gaan drink ons 'n paar 'pints' in die local pub (uitgespreek 'poeb'). Toe moes ons terug jaag vir aandete. Na aandete het ons toe maar die bier kom afslaap tot so 22h00 se kant. Nou is ons weer wawyd wakker.
 
Die vrou wat vir Tanya kom aflos, Daleen bly ook mos nou die week hier en hier kom van more af elke ma en di aand 'n prof hier slaap. hier is darem 4 slaapkamers en dis nie asof ons moet kosmaak nie. sal hopelik nie te veel in mekaar se pad wees nie.
 
ons bly vir die hele week nog hier vir eers. ons gaan more oggend tunbridge wells (noord) toe om bietjie (window) shopping te gaan doen en di gaan ons af hastings (suid) en/of Rye. Hasting is 'n dorpie b d see en rye is 'n regte ou middel eeuse dorpie. wo wil ons miskien 'n kasteel of twee in die omgewing gaan besoek en do begin ons weer werk.
 
ons wil in ons volgende af week 'n paar dae london toe gaan en dalk vir margot hulle in manchester gaan kuier.
 
ons parys trippie is geboek (22-27 Okt) en betaal, moet nog net visas in die hande kry.
 
hier gebeur regtig nie baie nie.
 
groete sybrand

Home

 

23 Augustus

hallou almal
 
ons was vandag tunbridge wells toe - bietjie gaan shopping doen. onder andere vir ons rugsakke gaan koop want ons het gesien hierdie moerske koffers van ons gaan nie werk op die treine en buste nie. het nou wel 'n kleinhuisie vol geld gekos aangesien ek dit op my kredietkaart gekoop het want ons het nog nie gepay nie.
 
ons gaan more bietjie sight seeing doen heel in die suide b d see en hoopelik 'n kasteel of twee te siene kry. ons het net een probleem - ons cash is nou bietjie op. die bus kos R140 vir ons albei vir die dag en vat 'n uur en 'n 1/2 om daar uit te kom. die trein kos amper R300 en van 'n halfuur - ons sal maar bus ry. dis net so verdomp ongemaklik, die ding stamp verskriklik en die sitplekke is so klein - as ek lans tanya sit kry ek 1 en 1/2 boud op die bankie en my kniee druk vas teen die een voor my. en as jy besluit om te staan dan val mens die hele bus vol.
 
ons gaan nou 'n fliek kyk wat ek van  die internet afgelaai het - het 'n hele 40 uur geneem. gelukkig kos die telefoon oproep my niks nie. net 'n maandelikse subskripsie (spelling?!?!). cool ne!
 
hopelik kan ons more 'n paar mooi fotos neem wat ek kan aanstuur.
 
 
groetnis
sybrand en tanya

Home

24 Augustus

hi

ons was toe vandag hastings toe met bus. daar aangekom bietjie gaan rondloop
en sien toe op die gps daar is 'n kasteel in hastings. ons stap toe hierdie
HUGE bult uit en toe ons uiteindelik bo kom begin dit reen. ons staan en wag
toe maar in 'n winkeltjie dat die reen moet ophou.

toe ons uiteindelik by die kasteel uitkop is dit 'n klomp flippen klippe wat
daar rondle met 'n halwe toringtjie hier en daar. en hulle wil toe wragtag
R30 per persoon he om te kan ingaan. ons besluit toe dis nie die moeite werd
nie en stap toe maar weer die bult af nie die winkels toe (en reen weer
nat!) daar bietjie rondgeloop en vir ons twee matching reenbaadjies gekoop.

ons ry toe maar later die middag bonium kasteel toe (dis nou die een wat
oppie fotos is) met die bus. baie mooi net bietjie vervalle. reen toe weer
nat (gelukkig het ons darem matching reenbaadjies).

ons gaan drink toe maar 'n bier b d castle inn wat gerieflik ook sommer die
busstop is terwyl ons wag vir die bus.

mamma hoef nie te worrie ons altwee pay einde vd maand en ek het nog baie
geld in my rekening van die huis se verkoop. ons kontant is net nou op. ons
het 5 pond oor vir die bus more wadhurst toe waar ons hopelik kan kontant
kry by thomas cook of so 'n plek. hulle vra nou wel R13/pond maar ons het 'n
paar pond tot die einde v d maand nodig.

ons bankrekening hier is uitgesort en ons het 'n tjekboek en debietkaart en
alles. daar is nog net nie geld in nie.


groete sybrand

die rede vir tanya se naam wat so ver onder staan is omdat ek die een is wat
die skryf en sy dring daarop aan dat haar naam OOK op die emial staan.

ek sukkel so bietjie met my e-mail rekening seker omdat die internet service
provider en e-mail service provider twee verskillende plekke is. so as die
e-mail twee maal daar aankom wees liewer bly dit het daar aangekom.
 

 

 

 

Home