Hastings
In ons eerste af week het ons bietjie die omgewing gaan verken. L.W. daar waar ons ookal wil gaan ry ons met die bus! Een van die dorpies was Hastings, heel aan die suidkus van Engeland. Nou niks regtig gesien daar nie want ons het sopnat gereën. Ons het darem vir ons reenbaadjies gekoop op ou einde. Ons het middag ete ge-eet by wat ek sweer is die kleinste restaurant in die UK. En dit word gerun deur twee sulke dik tannies!
Oppad terug huis toe het ons gou by Bodium Castle afgeklim.