London

Ons het die 4de Aug op Heathrow geland en moes vir amper 2 ure in die vliegtuig op die aanloop baan sit en wag vir 'n parkeerplek. Die lughawe self was 'n absolute nagmerrie, gelukkig het ons die rush hour met 5 min gemis. verder was daar nie regtig probleme nie. RMO (die agente wat vir Tanya die werk gekry het) prop ons almal toe in Taxis hotel toe. Daar was so 15 van ons (almal dokters behalwe ek!) Die taxi was R600 vir 'n half uur se ry!!!!! Gelukkig het RMO betaal.

By die hotel aangekom (10:00 se kant) was daar 'n paar lesingkies vir die dokters en toe los hulle ons om London te gaan verken. Ek en Tanya besluit om toe maar bietjie te gaan skuinslê aangsien ons nie veel oppie vliegtuig geslaap het nie. So 4 uur se kant kry ons vir Betsie in die hande. Sy kry ons toe later by die hotel vir 'n bietjie sight seeing.

Wat 'n culture shock! Die tubes is woerts war op en af en almal lyk of hulle presies weet waantoe hulle oppad is. Betsie se net kom hierdie kant of daaikant en ons lyk soos twee Transkei swartes in Johannesburg - HEELTMAL CLUELESS!!

Betsie gaan wys ons toe 'n paar plekke en vertel heelpad terwyl ons loop van moets en moennies en waantoe ons moet gaan en hoe werk daai en en en.

Ons is kom toe so 23:00 se kant weer by die hotel aan (op ons eie met die tube!)

Die volgende oggend is met 'n taxi na die treinstasie -  met die trein na Wadhurst toe - en van Wadhurst met die taxi na die hospitaal toe in Ticehurst.

 

Dis Trafalgar Square in London. Dit was so warm die mense sommer in die fontein gaan swem!

 

MAIN

 

Ticehurst